-deur Serena Carter

5 Junie 2018

Die afgelope  naweek het ’n akteur ’n ware superheld geword toe hy ’n man se lewe gered het. Die akteur, Benedict Cumberbatch, het gehelp om ’n “weerlose” afleweringsbode op sy fiets teen bendelede te beskerm wat hom aangeval het. Screengrab van ‘The Sun’ bladsy

Benedict Cumberbatch is veral bekend vir sy hoofrol in die trefferreeks, Sherlock, asook sy rol as Doctor Strange in die  Avengers.

Toe hy sien hoe die hulpelose man aangerand word in ’n straat in  Londen,  het die akteur gedoen wat een van sy karakters sou doen – hy het gehelp om die misdaad te stop .

Volgens Fox News was die Britse akteur saam met sy vrou, Sophie Hunter, toe die voorval plaasgevind het. Die paartjie het in ’n Uber gery toe Cumberbatch sien hoe die bode deur bendelede geslaan word.

Cumberbatch het die Uberbestuurder bevel om te stop, uitgespring en gehardloop om die mans van die bode af te trek. “Hulle het na hom toe gedraai en probeer om hom te slaan, maar hy het homself verdedig. Dit het gelyk of sake erger kan word, toe sluit ek by hom aan,” vertel die Uberbestuurder, Manuel Dias.  Hy het hulle daar in die straat bevel: ‘Los hom uit!’”

Die bestuurder sê hy dink die bende het Cumberbatch herken en weggehardloop. Volgens die bestuurder het Cumberbatch die slagoffer gedruk en  gevra of alles reg is nadat  die aanvallers  weggehardloop  het. “Benedict was moedig, dapper en onselfsugtig. As hy nie die bode gehelp het nie, sou hy ernstig beseer geword het. ”

Toe Cumberbatch uitgevra is oor die voorval, het hy die heldhaftige optrede afgemaak  en eenvoudig gesê: “Ek het gedoen, wat gegoed moes word.”


Bron: faithfamilyamerica.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.