-deur Cip.nl

6 Junie 2016

Die Christelike bakker, Jack Philips, het in 2012 geweier om ’n troukoek vir ’n gay paar se troue te bak. Die hooggeregshof van Amerika het nou ten gunste van die bakker bevind.

Philips het sy bakkery in 1993 geopen. Hy het vooraf geweet dat hy weens sy geloof nie sekere koeke sal bak nie. “Ek wou nie my talent gebruik om iets te skep wat teen my Christelike geloof sou indruis nie,” het hy in ’n onderhoud met CNN gesê. Hy het ook voorheen geweier om koeke vir Halloween te bak.

In 2012 het Dawid en Charlie by die bakkery aangeklop om ’n troukoek vir hul troue te bestel. Die bakker het aangedui dat hy die produk nie kon lewer sonder om sy geloof te na te kom nie. “Die Bybel sê in die begin was daar ’n man en ’n vrou,” het hy gesê. Hy het egter aangebied om iets anders vir hulle te bak. Die paartjie het toe uitgestorm en ’n klag by die menseregtekommissie van die Amerikaanse staat Colorado ingedien. Volgens die komitee het die bakker teen die egpaar gediskrimineer waarop Philips ’n antidiskriminasiekursus moes volg.

Die hooggeregshof het nou bevind dat dit nie geregverdig is nie. Inderdaad, die bevinding is dat die menseregtekommissie “vyandig” was en nie Philips se godsdiensvryheid in ag geneem nie.

Die voorsitter van die regbank skryf die volgende in die uitspraak: “Die grondwet kan en moet homoseksuele en homoseksuele paartjies beskerm, maar godsdienstige en filosofiese besware teen die homoseksuele huwelik word ook in die grondwet verskans.”

Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.