-deur Leah Marieann Klett

2 August 2017

Die ateïs, Richard Dawkins, het gevra waarom dit “aanvaarbaar is om Christenskap te kritiseer, maar nie Islam nie,” nadat ‘n radiostasie in Kalifornië geweier het om hom te laat praat weens sy “beledigende uitlatings ” wat teen die Moslem-gemeenskap gemik is.

“Ek is bekend as ‘n kritikus van die Christendom en is nog nooit daarvoor by radiostasies verbied nie,” het Dawkins in ‘n brief geskryf wat hy op sy webwerf gedeel het. “Hoekom laat julle Islam vrysprings? Hoekom mag die Christendom gekritiseer word, maar Islam nie?”

Dawkins, skrywer van The Selfish Gene, was bestem om oor sy memoir, A Brief Candle in the Dark, te praat tydens ‘n geleentheid wat in Augustus deur Berkeley se KPFA Radio aangebied word.

Donderdag het KPFA egter kaartjiekopers in kennis gestel dat die gebeurtenis gekanselleer is omdat die beroemde evolusionêre bioloog die Moslem-gemeenskap “aanstoot gegee het en leed aandoen” met sy “beledigende uitlatings” teen Islam.

In ‘n verslag oor die kansellasie het KPFA gesê dit is deur aktiviste gekontak wat Dawkins as baie Islamofobies beskryf het en twiets van die skrywer aangehaal, insluitend een wat lui: “”I think Islam is the greatest force for evil in the world today”.

Dit het ook verwys na ‘n onlangse Telegraph-artikel waarin Dawkins aangehaal word: “As jy na die werklike uitwerking kyk wat verskillende godsdienste op die wêreld het, is dit duidelik dat die boosste godsdiens ter wêreld tans Islam is.”

Die stasie het egter nie die Telegraph-aanhaling in sy geheel ingesluit nie, waarin Dawkins voortgaan: “Dit is verskriklik belangrik om dit te begin verander, want dit beteken natuurlik nie dat alle Moslems boos is nie… Individuele Moslems ly meer onder Islam as enigiemand anders.”

Ten spyte van sy teenkanting teen alle godsdienste dring Dawkins daarop aan dat alle geloofsoortuigings in ‘n oop en eerlike openbare forum bespreek moet word. Dus neem hy gereeld standpunt in teendie liberale media omdat dit die Christendom as ‘n vyandige mag hanteer terwyl dit weier om Islam te kritiseer.

“Die regressiewe linkses hou hulle blind vir die vrouehaat en homofobie omdat hulle absurd genoeg dink Islam moet gerespekteer moet word as ‘n ‘ras’ ‘, het hy in 2015 geskryf.

Verlede jaar het hy weer teen die media uitgevaar weens bewerings dat die gruweldade wat deur Islamitiese ekstremiste gepleeg word “niks met godsdiens te doen het nie,” na aanleiding van die aanval waartydens 70 Pakistanse Christene (meestal vroue en kinders) op Paassondag in Lahore vermoor is.

Byskrif: Reuters


Bron: gospelherald.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.