(21 Januarie 2016)

Die Midde-Ooste is berug vir vyandiggesindheid teenoor die Evangelie. Maar evangelis, Elias Malki, sê verskeie mense het tydens ’n uitreik wat hy onlangs in Jerusalem gehou het, Christus aangeneem en talle is genees.

“Ek het nog nooit so ’n byeenkoms ervaar nie,” het Malki gesê, wat Jerusalem al meer as 50 keer besoek het. “Die mense was so honger vir God. Ek het hulle net aangeraak en hulle is genees. Hulle geloof was so sterk. Aan God al die eer.”

Op beide aande van die uitrek het 300 mense die kerk, met sitplek vir 150, volgepak. Een vrou wat dit die eerste aand bygewoon het, het gesê sy is van rumatoïede artritis in albei haar bene en haar regterarm genees. Sy het gesê sy kan haar arms en bene sonder enige pyn oplig. Nog ‘n vrou het gesê sy is op die laaste aand van die uitreik van diabetes genees.

Malki het gehelp om pionierswerk vir Christen-televisie in die Midde-Ooste te doen. Sy Goeie Nuus gesels-en-gebed-program, wat in Arabies uitgesaai word, vier vanjaar sy 10-jaar-herdenking.


Bron: www.charismanews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.