-deur Landi Malan

21 April 2017

Nagenoeg 34 busse sal van verskeie punte in die land vertrek na die It’sTime-byeenkoms wat deur die evangelis Angus Buchan sowat 4 km buite Bloemfontein aangebied word.

Buiten vir private busse wat gereël word sal daar 24 Intercape-busse van Kaapstad vertrek, tien busse van Bloemfontein, ses Eljosa-busse uit Kaapstad, nog ses Tempo-busse uit Kaapstad, drie Intercape-busse van Johannesburg, drie busse van Windhoek in Namibië en ʼnIntercape-bus van Upington af.

Volgens Buchan blyk dit dat daar meer as ʼn miljoen mense gaan opdaag vir die geleentheid. Buchan het gesê die land se grootste probleem is vrees.

“Mense word lamgelê deur vrees, stres en angstigheid. Ek glo dat mense 22 April fisiek, emosioneel en verstandelik genees sal word.”

Die organiseerders van die gebedsbyeenkoms het intussen ʼn paar interessanthede bekend gemaak:

  • Dit is die grootste gebedsgeleentheid nóg in Suid-Afrika
  • Dis gratis
  • Geen kollekte sal geneem word nie
  • 5 000 vrywilligers gaan help
  • Daar is 27 klank- en beeldstasies
  • Die byeenkoms geskied oor 17 plase
  • Alle mediese dienste vir die dag is geskenk
  • 1 000 toilette met diensspanne is geskenk
  • Drie vragmotors vol toiletpapier is geskenk
  • 25 trekkers word gebruik om 1 300 ha. grond skoon te maak vir die geleentheid
  • 8 000 ℓdiesel vir die trekkers is geborg
  • Plaaspaaie is verbreed en nuwe paaie is gebou
  • Parkeerpermitte kan verniet aangeskaf word by itickets.co.za

 


Bron: maroelamedia.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.