(22 Januarie 2016)

Boer en evangelis Angus Buchan moedig Suid-Afrikaners aan om saam met hom op Saterdag, 30 Januarie in Bloemfontein tot God – Die Reënmaker – te bid vir reën.

“Die ernstige droogte in Suid-Afrika plaas mense – veral boere – onder finansiële druk en dit is hartseer om te sien hoe gewasse en vee vrek,” het hy gesê.

“As gevolg hiervan raak mense beangs en hulle begin dinge sê en doen wat hulle nie regtig bedoel nie. Daarom gaan ons op die 30ste Januarie om tienuur die oggend byeenkom en bid vir reën.

Hy is die Reënmaker
“Ek dink julle ken my goed genoeg, wanneer ons ‘n veldtog hou, eindig dit altyd met reën. God is die Reënmaker en ek is een van sy seuns en jy is een van sy seuns. Daarom gaan ons die Reënmaker vra vir oorvloedige, standhoudende reën en nie net ʼn reënbui nie, sodat dit ‘n teken aan die wêreld sal wees dat Jesus Christus vír ons is en nie teen ons is nie (Rom 08:31). Ons glo dat mense uit alle vlakke van die samelewing hierdie byeenkoms sal bywoon wat op Naval Hill, in die middel van Bloemfontein gehou sal word. ”

Die # Pray4RainSA-byeenkoms by die sterrewag op Naval Hill is gratis en oop vir almal, maar mense moet via iTickets bespreek (https://itickets.co.za/events/355910) of kan 086 1000 291 skakel.

Boere word genooi om ‘n paar lusernbale te bring vir mense om op te sit en dit dan daarna te skenk as voer vir die reservaat. Navrae kan gerig word aan Elana@Vrystaat Landbou / FS Landbou.


Bron: www.gatewaynews.co.za

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.