-deur CBN NEWS

4 Desember 2017

Mense is woedend nadat ‘n Anglikaanse priester voorgestel het dat mense moet bid dat prins George, wat net vier jaar oud is, “met die liefde van ‘n goeie jong man” geseën sal word wanneer hy groot is.

Eerw. Kelvin Holdsworth het die opmerking in ‘n blog gemaak, getitel: How to change the Church of England”, wat Donderdag aanlyn gepubliseer is.

Hy het gesê dat gelowiges in die privaatheid van hulle hart (of as hulle genoeg moed het, in die openbaar) moet bid dat die Here prins George met die liefde van ’n goeie jong man seën wanneer hy eendag groot is.

Die priester het die voorstel gemaak in die hoop dat ’n gay-prins kan help om die saak van gay-huwelike in Engeland te bevorder.

“‘n Koninklike troue kan dinge maklik uitsorteer, alhoewel ons dalk 25 jaar lank sal moet wag voordat dit kan gebeur,” het mnr. Holdsworth geskryf. “Wie weet, dalk kan dit vroeër wees as dinge anders uitwerk.”

Die kwessie van gay-huwelik is redelik omstrede binne die Kerk van Engeland. Die wet is in Brittanje gewysig om gay-huwelike toe te laat, maar die Kerk sal nie gay-huwelike seën nie.

Byskrif: Foto: Prince George AP


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.