-deur Emily Jones

16 Mei 2018

Anglikaanse biskoppe van Australië en Ierland het amptelike verklarings uitgereik wat hul standpunt oor selfdegeslaghuwelike verduidelik het.

Die biskoppe van die Kerk van Ierland het gesê die huwelikdiens “bly onveranderd en die huwelik mag slegs tussen ’n  mans en ’n vrou voltrek  word.”

“Geen liturgie of gemagtigde diens word dus vir enige ander situasie voorsien nie,” het die biskoppe in hul verklaring gesê. “Daar word wyd erken dat daar nie  ’n eenvoudige oplossing is vir hierdie saak en ander kwessies oor menslike seksualiteit nie, maar ons verbind ons daartoe om met medelye, nederigheid en besorgdheid te luister en respekvol te bespreek.”

Die verklaring is aan die provinsie se Algemene Sinode voorgelê nadat ’n amptelike komitee sowat vyf  jaar gewy het aan samesprekings oor hoe die kerk menslike seksualiteit gaan hanteer.

Die biskoppe van die Kerk van Australië het ’n soortgelyke verklaring uitgereik wat sê dat die huwelik ’n lewenslange unie tussen ’n man en ’n vrou is.

Hulle het bygevoeg dat dit in die lig van die kerk se leerstelling “nie gepas is dat kerkgeboue en -sale, kapelle wat in besit van Anglikaanse skole is of ander Anglikaanse organisasies gebruik word vir plekke waar gay-huwelike voltrek word nie.”

Die verklaring volg nadat Australië gay-huwelike in 2017 gewettig het. Hoewel kerke, godsdiensorganisasies en  bestaande leraars nie verplig is om gay-huwelikseremonies te akkommodeer nie, moet predikante wat gelisensieer word nadat die wet deurgevoer is, gay-huwelikseremonies waarneem.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.