-deur Cip. nl

14 Maart 2018

André Rieu gaan hom nie steur aan die versoek van twintig Palestynse kunstenaars en organisasies om sy vier beplande konserte in Tel Aviv in Israel te kanselleer nie, volgens verskeie nuusagentskappe.

“Ons bemoei ons nie met die politiek nie, maar met musiek,” sê Pierre Rieu, sy seun en woordvoerder in De Limburger. Die wat daarteen beswaar maak, vind sy keuse van land onvanpas.

“ ʼn Konsert in Israel vandag is soortgelyk aan  ‘n optrede vir “ blankes alleen” in die Suid-Afrikaanse oord, Sun City, in die 1980’s, toe die regering swart Suid-Afrikaners onderdruk het,” lui een van die briewe. [Vir kommentaar van Suid-Afrikaners oor die propaganda dat die Palestynse kwessie met apartheid in ‘Suid-Afrika vergelyk kan word, lees die volgende berigte:

Daar is ʼn beroep gedoen op André Rieu, wat vier konserte in Tel Aviv beplan,  om aan te sluit by kunstenaars soos Lorde, Brian Eno en Lauryn Hill, wat nie konserte in Israel sal aanbied nie.

Rieu sal op 3, 4, 5 en 7 April by die Menora Mivtachim Arena optree. Dit is die eerste keer dat hy in Israel optree.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.