-deur Dick van den Bos

12 April 2019

“Satan is vasberade om mans te ondermyn en hulle Godgegewe rol te vernietig,” sê pastoor Tony Evans, die stigter van die Oak Cliff Bible Fellowship in Dallas. Hy het gewaarsku dat die duiwel die Bybelse nosie van manlikheid wil herdefinieer omdat hy gesinne wil laat verbrokkel en die samelewing verder laat verkrummel, berig Christian Post.

“Die vernietiging van gesinne wat ons nou sien, sal maar net vererger, want die pa is die fondament van die gesin, en die gesin is die fondament van die samelewing. As jy gesinne en dus die samelewing wil vernietig, is die vinnigste manier, om mans los te maak van hulle rol.

“In die tyd van Moses en Jesus is alle babaseuntjies vermoor omdat dié wat in beheer was, beheer oor ’n gemeenskap wou uitoefen,” sê hy. “Wat die vyand nou probeer doen, is om mans uit die prentjie te verwyder – sielkundig, emosioneel en funksioneel. Dit is wat ’n mens nou in ons samelewing sien.”

Enkelmoeders

Evans verduidelik dat 70% van swart Amerikaanse kinders gebore word in ’n huishouding sonder ’n pa grootword. Dit beteken dat die meeste van hierdie kinders grootgeword het sonder die positiewe invloed van ’n pa in hulle lewens.

“Dis ’n ramp,” sê hy. “Nie omdat vroue nie goed genoeg is nie, daar word net bloot meer van hulle gevra as wat hulle kan gee. As ’n mens terugkeer na die Bybelse beeld van die huwelik en ’n gesin, dan begin dit met die regte beeld van ’n man.”


Bron: cip.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.