6 Februarie 2019

Mitch McConnell het sy Demokratiese kollegas Maandag aangemoedig om nie ’n wetsontwerp teen te staan wat sal verseker dat enige babas wat lewendig gebore word tydens aborsies, dringende mediese sorg ontvang nie.

Sen. Ben Sasse het sy “Born-Alive Abortion Survivors Protection Act” weer voorgelê ná ’n groot bohaai oor ’n wetsontwerp in Virginia wat aborsies tot op die oomblik van geboorte sou toelaat – iets wat Sasse en baie ander as “babamoord” (infanticide) bestempel het.

Volgens National Review het Sasse in sy emosionele toespraak gesê: “Ek gee nie om aan watter party jy behoort nie – as jy nie kan sê dit is verkeerd om pasgebore babas te los om te sterf nie, moet jy trap, wat soek jy in ’n openbare pos?” 

Die wetsontwerp sal vereis dat “enige gesondheidsorgpraktisyn wat teenwoordig is ten tye van so ’n geboorte” dieselfde professionele vaardigheid, sorg en toewyding aan die dag moet lê as wat ’n toegewyde gesondheidsorgpraktisyn aan enige ander kind sal bied wat op ’n soortgelyke stadium van die swangerskap gebore is.”

Terwyl Bush se Wet die regte gedefinieer het van ’n pasgebore babas wat ’n aborsie oorleef het, fokus Sasse se nuutste voorstel meer op die verantwoordelikheid van die mediese personeel wat die baba moet versorg te midde van hierdie tragiese omstandighede. Na aanleiding van Sasse se pleidooi, het McConnell ’n toespraak in die senaat gemaak waarin hy die Demokrate versoek het om nie so ’n belangrike wet wat lewens kan red, teen te staan nie.

“Ek hoop dat nie een van my kollegasmet enige rede na vore sal kom om hierdie versoek later vandag teen te staan nie,” het McConnell gesê. “Dit sal ’n ontstellende stelling maak. As hulle Sasse se poging teenstaan, kan ek hulle verseker – dit sal nie die laaste keer wees dat ons poog om te verseker dat alle pasgebore babas hierdie fundamentele wetlike beskerming geniet nie.

“Dit is kommerwekkend dat hierdie wetgewing selfs nodig is,” het McConnell bygevoeg. 

Die Demokrate het egter wel beswaar gemaak teen die wetsontwerp, met sen. Patty Murray wat beweer het daar is reeds genoeg wette om die kwessie te hanteer. “Dit is ’n growwe waninterpretasie van die bedoeling van die wetsontwerp en daarom betwis ek dit,” het Murray gesê, volgens LifeSite News.

Skokkend genoeg was Murray die enigste Demokratiese senator om selfs op te daag en het haarself verskoon onmiddellik nadat sy beswaar aangeteken het.

“Op die een of ander manier het hierdie gesprek so ’n wending geneem dat ’n wetsontwerp wat die moord op kinders wat lewendig gebore word, moet verbied … ’n wetsontwerp wat bloot die moord op babas verbied, vanaand geblokkeer is,” het sen. Joni Ernst gesê. “Oor die afgelope week het ons die lelike waarheid oor die verreikende greep van die aborsiebedryf en sy toenemend geradikaliseerde politieke agenda gesien,” het sy voortgegaan. “Politici het nie net die aborsie van ’n kind verdedig terwyl die moeder reeds in kraam is nie, maar het so ver gegaan om die beëindiging van ’n kind se lewe goed te keur selfs ná sy of haar geboorte. ’n Kind. ’n Baba. Rasionaliteit, ordentlikheid en basiese menslike deernis het langs die pad verlore gegaan.”


Deur: Will Maule
Bron: www.faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.