-deur Jay Sekulow

(18 Januarie 2016)

Amerikaanse pastoor, Saeed Abedini, is  oor die naweek vrygelaat uit ʼn tronk in Iran. Daar is bevestig dat hy veilig uit Iran is en medies geëvalueer word by ‘n Amerikaanse militêre basis in Duitsland.

Pastoor Saeed – ‘n Amerikaanse burger – moes vir meer as drie jaar lank gevangenisstraf in Iran verduur. Hy is nou saam met drie ander Amerikaanse gevangenes vrygelaat.

Vrydagaand is bekend gemaak dat hy uit sy sel na Iran se Sentrale inligtingsagentskap geneem is en hy is Saterdagoggend vrygelaat. Dit is ‘n groot oorwinning. Ons [African Centre for Law and Justice – ACLJ] is ongelooflik dankbaar vir die meer as 1,1 miljoen mense regoor die wêreld wat by ons aangesluit het in die stryd vir pastoor Saeed se vrylating.

Ons is verheug dat hierdie dag uiteindelik aangebreek het. Pastoor Saeed se vrou Naghmeh: “Dit is ‘n antwoord op gebed. Dit is ‘n kritieke tyd vir my en my gesin. Ons sien uit na Saeed se terugkeer en wil die miljoene mense wat ons in gebed tydens hierdie moeilike tyd bygestaan het, bedank. ”

Die stryd vir vervolgde Christene is nie verby nie. Meer as 1,1 miljoen mense het die petisie vir pastoor Saeed se vrylating onderteken, en hy is nou vry. Neem weer aktief deel aan ons stryd vir die vrylating van Christene wat die dood in die gesig staar.

 


Bron: www.aclj.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.