-deur Julie Stahl, Amber C. Srong / CBN

Deur 14 Mei 2018

Die Amerikaanse afvaardiging het verlede week in Jerusalem aangekom vir die amptelike inwydingseremonie vir die ambassade in Jerusalem.

Dié afvaardiging sluit in die raadgewers Ivanka Trump en Jared Kushner, sekretaris van die tesourie Steve Mnuchin, adjunkstaatsekretaris John J. Sullivan en verskeie lede van die Kongres.

Die groep het Sondag by die Ben Gurion Internasionale Lughawe aangekom. Die seremonie sal vandag plaasvind.

Pres. Trump sal nie die seremonie bywoon nie, maar sy dogter, Ivanka , het oor die belangrike geleentheid getwiet: “Dit is vir my ’n voorreg om by die afvaardiging aan te sluit wat die Amerikaanse volk verteenwoordig tydens hierdie plegtige seremonie ter viering van die opening van ons nuwe Amerikaanse ambassade in Jerusalem, Israel. Ons sal bid vir die grenslose potensiaal van die VSA-Israel-alliansie en ons sal vir vrede bid.”

Trump het in Desember Jerusalem as Israel se hoofstad erken en in Februarie aangekondig dat die ambassade in Mei van Tel Aviv na Jerusalem sal verskuif.

Die besluit het hom die lof van baie Christene op die hals gehaal wat Jerusalem as die regmatige hoofstad van Israel beskou. Hulle sien die skuif ook as ’n vervulling van Bybelse profesie.

Kritici, insluitend die president van die Palestynse owerheid sê dit sal enige kanse kelder vir die VSA om vredesonderhandelinge tussen Israel en die Palestyne te lei.

Die burgemeester van Jerusalem, Nir Barkat, het gesê die verskuiwing van die Amerikaanse ambassade na Jerusalem is veel meer as net om na ’n ander gebou te trek of om personeel na ’n nuwe gebou te verskuif. Dit gaan eerder oor ’n nuwe orde in die Midde-Ooste.

Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.