-deur Emily Jones / CBN News

4 Junie 2018

Die VSA sê dit sal ongetwyfeld ’n VN-resolusie veto wat vereis dat die Palestyne beskerm word teen die “Israel se besetting.”

Die Koeweit-geborgde resolusie “betreur” en eis ‘n einde aan “die gebruik van enige buitensporige, en blindelingse geweld” deur die Israelse weermag. Dit betreur ook die afvuur van missiele uit die Gasastrook na Israel.

Amerikaanse ambassadeur, Nikki Haley, noem die voorstel ’n eensydige benadering wat moreel bankrot is wat die pogings tot vrede tussen Israel en Palestyne sal belemmer.

Israel se VN-ambassadeur, Danny Danon, het ook die konsepresolusie gekritiseer omdat dit nie Hamas, die terreurorganisasie wat Gasa regeer, genoem het nie.

Intussen het die VSA ’n beroep op die VN-Veiligheidsraad gedoen om Hamas te veroordeel vir die meer as 100 vuurpyle wat op burgerlikes in Israel afgevuur is.

Nikki Haley het Woensdag by die VN gesê om Israel te veroordeel terwyl Hamas se optrede verskoon word, problematies is.

Nikki Haley op Twitter: “Gister het Hamas 70 vuurpyle na Israel geloods. Wie van ons sal 70 vuurpyle wat na jou land afgevuur is, aanvaar? Ons weet almal wat die antwoord is. Niemand nie.”

“Om toe te laat dat Hamas met sy terreurdade wegkom en op een of ander manier verwag dat Israel op sy hande sal sit wanneer hy aangeval word, is die hoogste vorm van skynheiligheid,” het sy gesê. “Om voort te gaan om Israel te veroordeel sonder om selfs te erken wat van die leiers in Gasa af kom, laat my bevraagteken wie werklik omgee vir die welsyn van die Palestynse volk.”

Byskrif: (Foto: VN-ambassadeur Nikki Haley / via Flickr)


Bron: breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.