9  Februarie 2018
– deur Ashley Cloete  Gateway news

Die boer en evangelis , Angus Buchan, was  vandeesweek in Kaapstad om predikante en kerkleiers te ontmoet ter voorbereiding vir die It’s Time-gebedsgeleentheid in Mitchells Plein op 24 Maart – en om besonderhede van die verwagte gebeurtenis aan te kondig. 

Hy het bykans 1 000 leiers vanuit  verskillende agtergronde by die Lighuis Christelike Sentrum, Parow, toegespreek.

Die geleentheid, wat volgens organiseerders die grootste massa-byeenkoms in Kaapstad se geskiedenis sal wees, vind plaas op die Swartklip-sportvelde tussen die  armoede-geteisterde Tafelsig en die digbevolkte  Khayelitsha. Dit sal ‘n dagbyeenkoms wees van 11:00 tot 16:00. Die hekke sal om 06:00 oopmaak en Buchan sal na verwagting die vergadering vanaf 12:00 toespreek. Die byeenkoms  sal teen 14:00 afsluit.

Buchan het aan die leiers vertel hoe God hom tydens sy stiltetyd geroep het om die geleentheid te reël en met hom gepraat het deur die getuienis van ‘n voormalige bendelid.

Hy het gesê die doel van die gebedsbyeenkoms is om standpunt in te neem teen misdaad, moord, gebrek aan respek vir menslike lewe, prostitusie, alkoholisme, dwelmverslawing en rassehaat.

“God sal opdaag!” het hy gesê en sy gehoor herinner: “Vrees is van die duiwel! Die gelowige word nie deur vrees beheer nie. Want God het ons nie ʼn gees van vrees gegee nie; maar van krag, en van liefde en selfbeheersing.”

Hy het gesê: “Ons is nietemin  in goeie geselskap wanneer ons bang is. Toe die dissipels se lewens  deur ‘n storm bedreig is, het hulle in desperaatheid na die Here uitgeroep: “Here, red ons, ons vergaan!’“ 

Die angs van mense wat water in die huidige droogtekrisis in die Wes-Kaap aankoop en stoor, is amper soos die dissipels se desperaatheid, het hy gesê. Maar dit is in sulke moeilike omstandighede dat ons die wonderlike aard van Jesus ontdek, wat gelei het dat Sy dissipels vra: “Wat vir ʼn mens is Hy?” toe Hy die storm laat bedaar het.

Buchan vergelyk die desperaatheid wat die mense in die Wes-Kaap ervaar, met die vrees wat die Israeliete voor die Rooi See; voordat God hulle wonderbaarlik bevry het. “Ons sal vir ons kleinkinders kan vertel van die wonderlike It’s Time-gebedsgebeurtenis,” het hy gesê.

Vir meer inligting oor die It’s Time-gebedsbyeenkoms en om gratis parkeerkaartjies te bespreek, besoek www.angusbuchan.co.za. Bly op hoogte deur It’s Time by Facebook: @uncle angus, Twitter: @angusbuchan, en Instagram: @angusbuchan te volg

Byskrif Dr. Soon Zevenster, stigter van Tygerberg 104fm (links) en Eerw. Barry Isaacs, vorige stasiebestuurder by CCFM en direkteur van die Kaapse Skiereiland Transformasie Afrika, het gister vir Angus Buchan en sy familie gebid tydens ‘n kerkleiersvergadering in Kaapstad. (PHOTO: Light Lounge Studio).

Article source: gatewaynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.