-deur Tom Tillison

12 September 2018

Die akteur Jon Voight is ’n seldsame Hollywood-uitsondering wat openlik erken dat hy ’n Trump-ondersteuner is. Hy het emosioneel geword toe hy op Fox News gepraat het oor ’n konserwatiewe aktrise se reaksie toe hy haar uitgevra het oor haar mening van president Donald Trump.

Voight het op Mark Levin se nuwe Fox News-program, “Life, Liberty & Levin”, verskyn wat op Sondagaande uitgesaai word. Levin het die 79-jarige akteur gevra waarom hy so emosioneel voel.

“Eerstens was haar gebaar so mooi. Sy was so oorstelp sy kon nie eens praat nie. Sy het net gesê, ‘Dankie Here!’ En ek sê ook, ‘Dankie Here!’ ‘het hy geantwoord met verwysing na hulle gevoel oor Trump as president.

“En een van die redes waarom ek die Here kan dank, is omdat ek weet Hy is daar vir ons almal,” het Voight voortgegaan. “Dit is een van die dinge wat ons verloor het – God as ons kompas. Wat het Karl Marx (die stigter van Marxisme) gedoen? Hy het God uit die prentjie gehaal.”

Met verwysing na afbeeldings van die patriarge en stigters van Amerika wat sigbaar was op die stel het Voight daarop gewys dat hierdie vroeë Amerikaners vaders verstaan het hoe belangrik God is vir ’n nasie.

Sy ondersteuning van Trump, geloof in God en eerbied vir die stigters van Amerika, het die pa van die aktrise Angelina Jolie ’n groot teiken gemaak vir die linkses. Die haat het onmiddellik losgebars via Twitter.


Bron: bizpacreview.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.