-deur Brandon Showalter

6 Januarie 2019

’n Akademiese tydskrif het die omstrede besluit geneem om artikel te publiseer wat die normalisering van pedofilie bevorder.

Die artikel, “Childhood ‘Innocence’ is Not Ideal: Virtue Ethics and Child-Adult Sex,” is geskryf deur ’n man wat skuldig bevind is aan kinderpornografie, en is in die Desember-uitgawe van Sexuality & Culture gepubliseer.

Die skrywer van die stuk is Tom O’Carroll, ’n Britse man wat twee keer tronk toe gestuur is vir pedofilieverwante oortredings.

O’Carroll se artikel beweer dat etiese gedrag nie genoeg rede is om seksuele dade tussen kinders en volwassenes te verwerp nie en dat die samelewing dit moet toelaat en selfs vier.

O’Carroll voer aan dat pedofilie “’n seksuele oriëntasie soos al die ander is,” en bevraagteken die konsep van ’n kind se inherente “onskuld”. Hy gebruik ook die term “kind-volwassene” as ’n linguistiese poging om die kind uit te beeld as die een wat seksuele verhoudings met volwassenes inlei.

Die Christelike skrywer en denker, Rod Dreher, het in sy blog op The American Conservative kommentaar gelewer en gesê die artikel is verdere bewys dat “die einddoel van hierdie mense die ‘destrukturering’ van menslike verhoudinge is onder die dekmantel van bevryding van begeerte, ongeag of hulle daarvan bewus is of nie.”

“Sonder God is daar net nihilisme. As jy nie God in die prentjie wil hê nie – maak plek vir Tom O’Carroll en sý viering van diversiteit,” het Dreher gesê.

Die publikasie van O’Carroll se artikel is nie die eerste keer dat akademici standpunte verwelkom het wat pedofilie steun nie.

The Christian Post het in Augustus 2016 berig dat prof. Steven Kershnar, hoogleraar in filosofie aan State University of New York at Fredonia, ’n filosofiese “analise” van seksuele verhoudings tussen kinders en volwassenes gepubliseer het. In sy boek, Adult-Child Sex: An Analysis, bevraagteken Kershnar die morele status van pedofilie en vergelyk die afkeer wat mense het oor volwassenes wat seks het met kinders, met die “afgryse wat sommige mense ervaar as hulle vet mense sien wat seks het.” [Blykbaar is die feit daar hoegenaamd gekyk word na ander wat seks het – pornografie – geen probleem nie]

Sosioloog Mark Regnerus het opgemerk dat die klimaat deesdae minder vyandig is teenoor hierdie soort argumente en hoewel die meeste mense nog met afgryse reageer oor pedofilie, gaan daar baie onder die radar aan.


Bron: christiantoday.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.