-deur Solidariteit

15 Julie 2017

Solidariteit het onlangs sy kommer uitgespreek oor die afname in die getal Afrikaanse skole, maar is nie bekommerd oor Afrikaanse onderrig nie. Dit gaan goed met Afrikaanse skole. Hulle is wel minder, maar hulle is groter en Afrikaanse wêreldklasonderrig is steeds moontlik.

Dit volg nadat die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, in die parlement aangedui het dat die aanvraag na Afrikaanse onderrig afgeneem het en dat daar daarom ʼn afname in Afrikaanse skole is.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het dit wel gebeur dat leerlinge tussen skole gemigreer het as gevolg van die proses om skole na dubbelmedium-skole om te skakel wat later verengelsing tot gevolg gaan hê.

ʼn Groot rede vir die afname in die getal skole lê daarin opgesluit dat daar nie nuwe skole gebou word nie en talle van die bestaande skole verwaarloos en in onbruik verval het. “Die migrasie het egter groter en sterker Afrikaanse skole tot gevolg gehad,” het Buys gesê.

Buys voer aan dat minder skole nie noodwendig minder Afrikaanse leerlinge beteken nie. “Daar bestaan steeds ʼn behoefte omdat Afrikaanse skole van die beste skole in Suid-Afrika is,” het Buys gesê.

Solidariteit is in gesprek met verskeie rolspelers in die Afrikaanse onderwysomgewing om na oplossings vir die toekoms van Afrikaanse onderrig te soek.

Vir die volledige berig, besoek solidariteit.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.