-deur Lucilia Moleko en Donnelly McCleland / INcontext Ministries

18 Junie 2018

Dosyne gewone Afgane stap honderde kilometers in hul land, vanaf die Taliban-vesting, Lashkar Gah, na die hoofstad Kaboel om te eis dat daar ’n einde moet kom aan die 17-jaar lange bloedvergieting in hul land. Hulle het beoog om Kaboel (ongeveer 700 km van Lashkar Gah) voor die einde van die Ramadan-vas te bereik en ’n lys van eise te oorhandig wat ten doel het om vrede regoor die land te te bewerk en die oorlog te beëindig.

Betogers stap met blou kop- en lyfbande wat verklaar: “Ons wil vrede hê.” Die groep versoek ook ’n wapenstilstand – maar langer as die een wat Saterdag (9 Junie) voorgestel is deur die Afgaanse regering en die Taliban vir die Eid-vakansie wat volg op Ramadan – asook ’n tydlyn vir die onttrekking van buitelandse troepe uit Afganistan.

Op 11 Mei het nog ’n simbool van deursettingsvermoë en hoop na vore gekom in die vorm van Breshna Musazai, ’n 28-jarige vrou wat ’n BA-graad aan die Amerikaanse Universiteit in Kaboel verwerf het, twee jaar nadat sy deur Taliban-insurgente in Augustus 2016 geskiet is. Baie meisies en vroue moet steeds groot struikelblokke oorkom, veral in gebiede wat deur die rebelle beheer word. Breshna het gekies om in die oorlogsgeteisterde Afganistan te bly om haar opleiding te voltooi, ten spyte van die gevare en uitdagings wat geleerde vroue in haar land in die gesig staar . Sy beplan om ’n meestersgraad in die regte of menseregte te behaal.

Bid asseblief saam met ons vir blywende vrede en vryheid in Afganistan.

“Wanneer ek vir vrede bid, bid ek nie net dat my land se vyande sal ophou om oorlog te begeer nie, maar bowenal dat my land sal ophou om die dinge te doen wat oorlog onvermydelik maak.” (Thomas Merton)


Bron: incontextinternational.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.