-deur Will Maule | Hello Christian.com

4 Desember 2017

’n Reuse-advertensiebord is langs die snelweg in Albuquerque, New Meksiko se grootse stad, opgerig wat mense aanmoedig om nie kerk toe te gaan nie, want dit is alles opgemaakte stories. “Moenie kerk toe gaan nie, dit is alles fopnuus,” lui die advertensie, met ‘n “Happy Holidays from American Atheists!” daaronder. Talle mense is woedend oor die bord wat deur atheists.org geborg word.

Diegene wat die advertensiebord borg, glo egter dat hulle mense help om krities oor hul godsdiensoortuigings te dink. “Dit is ‘n goeie manier om mense te laat dink,” het Nick Fish van American Atheists aangevoer. “Ons wil hê mense moet krities oor alle aspekte van hul lewe dink. Hulle moet krities dink oor Facebook-nuus en nuus wat hulle op sosiale media teëkom. Hulle moet daaroor besin. Hulle moet ook nie daardie deel van hul brein afskakel wanneer hulle kerk toe gaan nie,” het Fish gesê.

[“Jesus het vir hom gesê: ‘Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.’ ” – Johannes 14:6.]


Bron: hellochristian.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.