-deur Cheryllyn Dudley

8 Augustus 2018

GROOT SUKSES – die ACDP was hard aan die werk vir ’n wysiging van die Arbeidswet in Suid-Afrika. Hierdie wysiging maak voorsiening vir ouerlike en aannemingsverlof ter ondersteuning van sterk en gesonde gesinne. Tot dusver is slegs kraamverlof wetlik van toepassing. Hierdie wetsontwerp is nou op pres. Ramaphosa se lessenaar, gereed om as wet onderteken te word.

Die gekose Komitee op Ekonomiese en Besigheidsontwikkeling het die Wetsontwerp op Arbeidsregte op 7 Augustus gefinaliseer. Die wetsontwerp is nou deur beide die Nasionale Vergadering (NA) en die Nasionale Raad van Provinsies (NCPO) aanvaar en moet net deur pres. Ramaphosa onderteken word.

Cheryllyn Dudley het almal bedank wat bygedra het tot die saak, toe sy deur haar party gelukgewens is. “Dankie vir Jesus dat U saam met my deur hierdie proses en soveel ander gestap het – my vertroue is altyd in U,” het sy onder meer in die toespraak gesê.

Die Wysigingswetsontwerp op Arbeidswetgewing maak voorsiening vir ouers van pasgebore babas en aanneemouers om verlof te neem en sterker gesonder gesinne te verseker.

Vir meer inligting: Keeno Petersen, ACDP Media Skakeling

Tel: 021-403-3307 of Sel: 073-580-2902 of E-pos: kpetersen@parliament.gov.za


Bron: ACDP Mediaverklaring

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.