8 Februarie 2019

Voorstanders van aborsie word vanuit ’n onverwagte oord teengestaan. Die vreemde alliansie tussen progressiewe politici en Moslem-minderhede het ’n vervaldatum, veral oor kwessies soos aborsie en seksualiteit.

In Kanada het Justin Trudeau ontdek dat Moslems nie sy aborsie-agenda steun nie. Moslems het ook Kathleen Wynne se radikale seksonderrigkurrikulum in Kanada verwerp. En nou blyk dit dat Ierland ook ontdek dat sy verbintenis tot diversiteit binnekort meer gaan behels as om Christene te intimideer, berig Irish Catholic

Ierland se afhanklikheid van Moslem-dokters in hospitale landswyd kan die regering se planne ontspoor vir ’n nasionale aborsiediens, het ’n vooraanstaande verloskundige gesê.

’n Groot aantal dokters wat in kraameenhede buite Dublin werk, is Moslems uit die buiteland, volgens dr. Trevor Hayes van Kilkenny se St. Luke-hospitaal, wat sê dat die Moslems ernstige godsdienstige gewetensbesware teen aborsies het.

Dr. Hayes het verder gesê hy vermoed dat gewetensbesware van Moslems kan verhoed dat aborsies in 12 van die land se 19 kraameenhede uitgevoer word. 

Volgens dr. Ali Selim, woordvoerder vir die Dublin Islamitiese Kultuursentrum, is aborsie onaanvaarbaar vir Moslems, behalwe in uitsonderlike gevalle soos om die moeder se lewe te red. Hy het gesê: “Die lewe is God se gawe.”

Meer as 90% van die Ierse dokters weier om aborsies te doen, en baie hospitale sukkel om personeel te vind wat bereid is om met aborsies by te staan.


Bron: www.lifesitenews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.