– deur Bob Eschliman: Charisma Nuus

17 Februarie 2017

Byskrif: (Public domain / via Charisma News)

‘n Nuwe peiling wat deur die Barna-groep uitgevoer is, toon dat die oorweldigende meerderheid Amerikaners – byna sewe uit tien – dit eens is met die uitgangspunt van die Hartklop-wet van 2017.

HR 490, andersins bekend as die “Federale Hartklopwet”, is deur pro-lewe-verteenwoordiger, Steve King, voorgelê. King het beloof om die wetsontwerp in elke kongres voor te lê totdat dit aanvaar word. In ’n neutedop behels die wet dat aborsies in Amerika verbied sal word wanneer daar ‘n hartklop van die baba bespeur kan word. 

Volgens die Barna-bevindings het 69% van die Amerikaanse samelewing saamgestem met die stelling: “As ‘n dokter ʼn hartklop van ‘n ongebore baba kan waarneem, behoort daardie ongebore baba wetlik beskerm te word.” Hoewel die maatreël veel groter steun onder Republikeine (86%) en onafhanklikes (61%) geniet, het selfs ‘n meerderheid van die Demokrate (55%) gesê hulle ondersteun die verklaring.

HR 490 en die Barna-resultate sal in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers bespreek word.

Janet Porter, president van Faith2Action, is die skrywer van die oorspronklike Hartklop-wetsontwerp wat in 2011 in Ohio bekendgestel is. 

“’n Hartklop is die maatstaf waarvolgens daar medies bepaal word of daar lewe is,” het Porter gesê. “Dit is waarom jy nog nooit iemand se begrafnis bygewoon wat nog ʼn hartklop het nie. Soortgelyk aan ʼn SOS-boodskap stuur die kind in die baarmoeder ‘n sein wat ons nie meer kan ignoreer nie. Om dit te ontken, is om die wetenskap te ontken.”


Bron: www.breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.