5 November 2018

Ten minste sewe mense is in Egipte vermoor tydens nog ’n aanval op Koptiese Christene. Die aanvallers het busse naby die St. Samuel-klooster in die woestyn geteiken. Die terreurgroep, IS, het verantwoordelikheid aanvaar, berig ANP.

Volgens die ministerie van binnelandse sake in Kaïro het ’n groep gewapende terroriste die bus gestop wat op pad was na die klooster van St. Samuel in Minya, het die Belgiese nuusagentskap, Belga berig. Die terroriste het op die pelgrims begin vuur.

Ses van die sewe wat gedood is, is almal van dieselfde familie. Nog agtien ander passasiers is beseer, insluitende kinders. ’n Paar van die gewondes is ernstig beseer.

In Mei verlede jaar het IS verantwoordelikheid aanvaar vir ’n aanval op ’n bus met Koptiese Christene. Toe is ten minste 29 Koptiese Christene gedood en 25 mense beseer. Hulle was ook op pad na die klooster.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.