22 April 2017

Deur Nico Strydom

ʼn Onafhanklike paneel van die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) het prof. Tim Noakes onskuldig bevind op aanklagte van wangedrag.

Die paneel het onder meer bevind daar is nie bo redelike twyfel bewys dat Noakes hom aan wangedrag skuldig gemaak het nie. Daar is ook nie bewys dat daar ’n dokter-pasiëntverhouding was nie.

Noakes, die voorstander van die veelbesproke Banting-dieet, is deur die Suid-Afrikaanse Dieetkunde-vereniging (Adsa) daarvan beskuldig dat hy “ongewone raad” op sosiale media gedeel het. Dit nadat hy ʼn ma aangeraai het om haar baba met ’n laekoolhidraat-, hoëvet-dieet te speen.

Noakes het gesê hy het die geveg namens alle Suid-Afrikaners gestry. “Nou weet julle die waarheid: Dat julle 50 jaar lank verkeerd ingelig is. Dit is die geval met almal van ons en die gevolge daarvan op ons gesondheid is ingrypend.”


Lees die volledige berig by maroelamedia.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.