5 Julie 2018

Die 92-jarige Pauline Jacobi het amper die slagoffer geword van ’n rooftog in ’n parkeerterrein, maar dit is verhoed deur die teenwoordigheid van God in die motor.

Jacobi het pas by ’n nabygeleë Wal-Mart haar kruideniersware in haar motor gesit, toe ’n man by die passasierkant se deur inspring. Hy het gesê hy het ’n geweer en dat hy haar sou skiet as sy nie haar geld oorhandig nie.

“Ek gaan nie my geld vir jou gee nie,” het Jacobi gesê. Sy het drie keer vir hom “nee” gesê en toe met hom begin praat oor die Here. “Ek sal dadelik as jy my doodmaak, Hemel toe gaan en jy sal hel toe gaan,” het Jacobi gesê. “Jesus is in hierdie motor en Hy gaan oral saam met my.”

Nadat Pauline die kragtige woorde gesê het, het ’n tasbare teenwoordigheid die rower se hart gevul en hom in trane laat uitbars. Kyk na die video hoe die man haar selfs bedank en op die wang soen  voordat hy wegstap.

“Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte.”  – Psalm 91:1-3


Bron: godtv.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.