-deur John Paluska | ChristianHeadlines.com

11 Januarie 2018

Alhoewel CNN en ander hoofstroommedia voortdurend berig dat Donald Trump niks anders gedoen het as om die nasie te verdeel nie, is die waarheid dat die Trump-administrasie ‘n aansienlike lys van prestasies opgestapel het. Die merkwaardigste prestasie is dat hierdie administrasie hoegenaamd daarin geslaag het om enigiets te behaal te midde van die teenstand van mede-Republikeine, Demokrate, die vernaamste nuusagentskappe, konserwatiewe nuusagentskappe en sommige Christen-leiers. Ten spyte van hiervan het die Trump-administrasie steeds presteer. Hier is ses van die vernaamste prestasies wat die administrasie behaal het:

  1. Die nominasie van meer as 70 konserwatiewe regters

Sedert 1 Februarie het Trump ‘n bestendige stroom regters vir belangrike federale hofposisies genomineer. Hoewel die kongres slegs ‘n handjievol goedgekeur het, is baie van hulle goedkeurings konserwatiewe regters, die mees noemenswaardige die regter vir die Hooggeregshof, Neil Gorsuch.

  1. Die Opheffing van meer as 60 federale regulasies

Sedert Trump se bevel dat 2 regulasies geïdentifiseer moet word om herroep te word vir elke nuwe een wat ingestel word, is meer as 60 regulasies herroep. As gevolg hiervan en danksy die nuwe beleid van die Trump-administrasie was daar ʼn aansienlike toename in werksgeleenthede in die vervaardigingsbedryf.

  1. Sukses in pogings om NAVO sover te kry om sy billike deel te betaal

Trump het gedreig om Amerikaanse beskerming uit NAVO-lande te onttrek wat nie hulle beloofde tariewe betaal het nie. Kort daarna het die lande belowe om al hulle bydraes aan NAVO te betaal.

  1. Die Trump-administrasie se beleid het tot meer as 550 miljard dollar in handelstransaksies en infrastruktuurbesteding uit die buiteland gelei

Toe Trump die Midde-Ooste besoek het, het die media dit as ‘n mislukking beskryf. In werklikheid het Trump daarin geslaag om meer as 300 miljard dollar in handelstransaksies te verseker terwyl hy in Saoedi-Arabië was. Daarbenewens het Saoedi-Arabië belowe om ‘n bykomende 40 miljard dollar in die Amerikaanse infrastruktuur te belê. Toe Trump China as deel van sy Oosterse diplomatieke reis besoek het, het die land ingestem tot ‘n handelstransaksie van 250 miljard dollar. Die besoek aan China het so goed gegaan dat Trump die eerste Amerikaanse president was wat in China se Verbode Stad toegelaat is.

  1. ISIS beduidend verswak

Toe Trump oorgeneem het, het hy die weermag tande gegee deur baie regulasies te verwyder wat dit gekniehalter het. Dit het op sy beurt die weermag gehelp om ISIS beduidend te verswak, wat aan die begin van die Trump-administrasie een van die grootste wêreldwye terreurgroepe was.

  1. Aanpassing van die definisie vir lewe deur die Gesondheidsdepartement; Trump-administrasie sny befondsing aan VN-agentskappe wat aborsie voorstaan

Die Department of Health and Human Services (HHS) het hul definisie van die lewe aangepas om in te sluit dat lewe by bevrugting begin. Daarbenewens het Trump Amerikaanse befondsing aan die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds gesny weens die organisasie se rol in China se gedwonge aborsiebeleid. Die Trump-administrasie het ook befondsing aan enige internasionale groep onttrek wat aborsies bevorder.

Die Trump-administrasie het ‘n produktiewe eerste jaar agter die rug. Dit wys dat hierdie administrasie besig is om gestand te doen aan Trump se veldtogbeloftes.

Byskrif: Foto: GettyImages


Bron: christianheadlines.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.