-deur INcontext

10 Augustus 2017

Na maande se protesoptrede teen die regering, wat die lewens van meer as 120 mense geëis het, het die Venezolaanse president, Nicolas Maduro, onlangs sy oorwinning gevier nádat die verkiesing van ʼn omstrede nuwe grondwetlike vergadering  – ʼn groep van 545 lede  ̶  nou die mag sal hê om die grondwet te wysig. Staatsondersteuners hoop die nuutverkose grondwetlike vergadering sal vrede herstel, maar teenstanders beskou dit as ondemokraties.

Venezuela is verdeel in ‘Chavistas’, die naam vir volgelinge van die destydse president Hugo Chavez en sy Verenigde Sosialistiese Party (PSUV) se sosialistiese beleid, en diegene wat nie kan wag om die einde van die Chavistas se 18 jaar aan bewind te sien nie. ‘Chavistas’ prys Chavez en president Maduro vir die gebruik van Venezuela se olie-rykdom om ongelykheid aansienlik te verminder en om baie Venezolane uit armoede op te hef. Die opposisie beweer egter sedert die PSUV in 1999 aan bewind gekom het, die sosialistiese party Venezuela se demokratiese instellings uitgewis het en die ekonomie wanbestuur. Voedseltekorte en hiperinflasie blaas die protesoptrede aan.

Nie een van die twee partye staan tans terug nie. Met geen oplossing in sig nie, wonder baie Venezolane of hulle in die land moet bly (met voortslepende voedsel- en medisynetekorte) of moet probeer om die land te verlaat. Verlede jaar was daar wêreldwyd 27 000 Venezolaanse asielsoekers. Volgens die Verenigde Nasies se vlugtelingsagentskap UNHCR het meer as 52 000 Venezolane tot dusver in 2017 aansoek gedoen om asiel.

Ongeveer 70% Venezolane is Katolieke, met ander Christene wat sowat 17% verteenwoordig. Die land se evangeliese Christene neem standpunt in en vra God om eenheid en voorspoed in die nasie te herstel. Baie Venezolaanse Christene glo hulle land kan net voorspoedig wees, as mense hulle na God sal wend vir oplossings, nie na politici nie.

Bid asseblief saam met ons vir Venezuela.

Ek glo die Kerk begin besef hoe moeilik die Venezolaanse situasie is en dat elkeen van ons Christene aktief moet deelneem aan die proses van verandering.” (Hugo Diaz, Beweging vir die Verdediging van die Grondwet)


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.