-deur Jericho Walls

15 Februarie 2017

Die nasionale gebedsinisiatief is uitgeroep deur Intercessors for South Africa (‘n forum van gebedsnetwerke en gebedsgroepe in Suid-Afrika) vir 16 April tot 4 Junie – van Opstandingsondag tot Pinkstersondag.

Die doel van hierdie nasionale inisiatief, #50DaystoBlesstheNation, is vir Christene om verantwoordelikheid vir ons land te neem en te glo dat God die harte van mense in ons land deur ons gebede kán en sál verander. Ons eerste taak is om Hom te vra om ons eie negatiewe perspektief oor ons nasie te verander na een van geloof en vertroue dat Hy ons wil gebruik om verandering teweeg te bring.

Ons is bewus van die kragtige uitwerking van die media wanneer ons sien hoe die woorde van leiers haat, rassisme en geweld kan aanhits; of wanneer iemand deur ‘n onverantwoordelike boodskap op sosiale media, ‘n soortgelyke reaksie in die land laat losbars. Die woorde van Christene moet egter hiervan verskil – om te seën eerder as om te vervloek, te genees eerder as om te verwond, te herstel eerder as om te vernietig.

Dood en lewe is in die mag van die tong.” Spr18:21

Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat julle vervolg...”  Matt 5:44.

Vul Suid-Afrika met gebed tydens die 50 dae deur…

    • 24 uur-gebedsure in gemeentes, gemeenskappe, dorpe en stede te hou
    • Doen gebedswandelinge, (prayer-walk, prayer-drive) gebedsbeurte in jou buurt, gemeenskap, dorp, stad, op plase, in winkelsentrum en sakegebiede.
    • Spreek seëninge uit, deur die Woord oor die land, strate, besighede, kerke, huise, skole, openbare plekke en individuele mense uit te spreek en te bid.
    • Voorbidding te doen vir die redding van diegene wat verlore gaan en sonder die kennis van God is.
    • Uit te reik na mense in jou omgewing en saam met hulle te bid vir hulle behoeftes.

Neem deel

  • Laai ‘n gebedsgids af by jwipn.com (Binnekort beskikbaar)
  • Ontvang ‘n daaglikse WhatsApp van +27817161203 met ʼn inspirerende boodskap op video (stuur asseblief jou naam en e-pos na hierdie nommer).
  • Daaglikse en weeklikse praktiese gebedsvoorstelle beskikbaar in die 50 dae-gebedsgids.
  • Nooi naburige kerke / selgroepe / gebedsgroepe vir verenigde gebed
  • Stel ‘n gebedskamer op in jou skool, winkelsentrum, besigheid, gemeenskap, gimnasium.

Kontak: info@jwipn.com, of skakel 012-3653213 vir meer inligting.


Bron: jwipn.com


Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.