-deur Marcelle du Plessis

20 Februarie 2018

Op Sondag 18 Februarie het die Mdzananda Dierekliniek, in vennootskap met Vondi’s Holistic Pet Nutrition, sy derde jaarlikse “Paws on the  Promenade” aangebied om geld in te vorder vir die dierekliniek. Die oggend se 5km-stap het by die Mouillepuntvuurtoring begin tot by die Seepuntswembad en weer terug.

“Dit was ons grootste en suksesvolste Paws on the Promenade,” sê die organiseerder, Marcelle du Plessis. “Ons is so dankbaar en opgewonde oor die wonderlike bywoning van 300 honde en 464 mense. Honde van alle vorms en groottes kom van oor die Kaapse skiereiland om by ons aan te sluit op hierdie pragtige wandeling. ”

Mdzananda kon met ‘n begroting van net R1 685 om die geleentheid te organiseer,  ‘n totaal van R29 000 wins maak. Die fondse wat ingesamel is, word gebruik om medikasie en mediese kostes van die kliniek in Khayelitsha te dek. Mdzananda is ‘n organisasie sonder winsmotief – ʼn dierekliniek – wat tot 700 troeteldiere per maand behandel in hulle  konsultasiekamers, hospitaal, teater, mobiele klinieke en diereambulans . Hulle vind ook nuwe eienaars vir rondlopertroeteldiere.

“Ons sien daarna uit om in 2019 ons volgende Paws on the  Promenade aan te bied en hoop dat dit elke jaar net groter sal word,” sê du Plessis.

Mdzananda Dierekliniek, marcelle@mdzananda.co.za, 082 357 7613

Kontak my gerus vir enige ekstra inligting of foto’s.


Foto:deur Mdzananda Dierekliniek

Melanie Kaplan saam met Coco en Chantal, Amy en Elise Monnery saam met Bolt (die Mdzananda Dierekliniek  se hond). Foto deur Mdzananda Dierekliniek

Liezel van der Westhuizen saam met Leia en Jackie James saam met Tonto. Foto deur Mdzananda Dierekliniek

Deelnemers aan Paws on the Promenade. Foto deur Rima Geffen

Steven, Garabeldi en Vivaldi van Seepunt. Foto deur Rima Geffen

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.