-deur AUDREY CONKLIN

21 Mei 2018

Ongeveer 3 000 mense in Swede het mikroskyfies onder die vel op hulle hande laat inplant, berig AFP.

Die skyfies, wat so klein soos ’n ryskorreltjie is, is ontwerp om toegangskodes, kredietkaartinligting, toegang tot outosmouse (“vending machine”) en drukkers te stoor asook die tegnologie om treinkaartjiefooie te verhaal terwyl die passasier reeds aan boord is.

Ulrika Celsing is een van 3 000 Swede wat  ’n skyfie  in haar hand laat inplant het – ’n proses wat bekend staan ​​as “biohacking”. Die 28-jarige het aan AFP gesê dit is “lekker om iets nuuts te probeer en te sien waarvoor dit gebruik kan word om die lewe makliker te maak in die toekoms.”

Een voorbeeld van die maniere waarop Celsing die skyfie of “elektriese handsak” gebruik,  soos sy dit noem, is om haar hand oor ’n skandeerder by die werk te waai, in plaas daarvan om ’n fisiese sleutelkaart te dra en dan ’n kode in te druk om die deur oop te maak.

Hoewel die skyfies die vermoë het om inligting te stoor wat deur ander toestelle gelees kan word, kan hulle nie self inligting lees nie. Daar is diegene wat bekommerd is dat toekomstige tegnologie persoonlike veiligheid kan bedreig.

“Ek dink nie ons huidige tegnologie is genoeg ontwikkel om ’n skyfie te “kraak” nie,” het Celsing aan verslaggewers gesê. “Maar ek sal dalk hieroor moet dink in die toekoms. Ek kan dit altyd dan laat uithaal.”

Die Sweedse is oor die algemeen geneig om meer ontvanklik te wees vir nuwe tegnologie en dit te gebruik en om persoonlike inligting te deel.

Die land se bevolking van 10 miljoen is oor die algemeen meer gewillig om persoonlike besonderhede te deel, wat reeds deur die land se sosiale sekerheidstelsel aangeteken is en geredelik beskikbaar is,” berig Business Insider . “Mense kan mekaar se salarisse uit vind deur bloot openbare belastingowerhede te skakel.”

’n Mikrobioloog, Ben Libberton, het egter ander vrae ten opsigte van menslike gesondheid: “As ’n skyfie eendag ’n mediese probleem kan opspoor, wie vind dit uit en wanneer? Hoe meer data op ’n enkele plek gestoor word, soos dit met ’n skyfie sou gebeur, hoe groter die gevaar dat dit teen ons gebruik kan word.”


Bron: dailycaller.com en  faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.