-deur Gillian Fraser

9 Januarie 2019

Hoofregter Mogoeng Mogoeng sê hy glo dat 2019 ’n keerpunt vir Suid-Afrika, Afrika en die wêreldgemeenskap sal wees en dat Christene moet besef God kan alles ten goede laat meewerk.

In ’n onderhoud met Christelle du Toit van Gateway News het hoofregter Mogoeng Mogoeng sy visie vir 2019 in Suid-Afrika gedeel en die noodsaaklikheid daarvan beklemtoon dat elkeen hom beskikbaar moet stel vir God om te gebruik.

“Markus 16 staan ​​uit as die boodskap waaraan ons weer aandag moet gee. Is ons besig om siele te wen? Onthou ons nog waaroor Johannes 15 gaan? Is ons steeds aan die wingerdstok vasgeheg soos ons behoort te wees – en nie as gelykes aan Hom nie, maar as die lote? Beoefen ons die liefde waarvan Christus in Johannes 15 praat? Het ons as individue en gesamentlik lief soos wat Hy ons beveel het? Is ons so gehoorsaam soos Hy ons beveel het?” vra Mogoeng.

“Onthou in Johannes 14 sê Christus dié wat Sy gebooie gehoorsaam, is dié wat Hom liefhet. Dit is dus die grondslag van ​​wat dit beteken om ’n Christen te wees. Ons moet seker maak of ons as geheiligde Christene lewe of nie.”

Mogoeng is toenemend in die kollig vir sy liefde vir Christus en hy verklaar openlik God se heerskappy oor sy lewe.

“Ek sal eerder sterf as om kompromie aan te gaan oor die beginsels van wat dit beteken om ’n kind van God te wees,” het hy gesê.

“Ons moet besluit om vurig vir die Here te wees. Ek dink ons ​​moet verander en wanneer dit gebeur, sal God doen wat vir ons onmoontlik is. Ek het in 2018 gesien hoe Hy die onmoontlike in my lewe vermag het. Ek kon dit nie glo nie. Net toe ek dink Hy reeds die beste gedoen, het Hy dit na ’n hoër vlak geneem wat ek my nie eens kon indink nie. Dit is die Here wat ons dien. En God kan enigiemand, absoluut enigiemand, gebruik as ons net die egoïsme, die gierigheid agterlaat en Sy Koninkryk ons prioriteit maak – nie in woorde nie, maar in alle opsigte.”

Mogoeng is daarvan oortuig dat 2019, die jaar van die verkiesing, van groot belang in ons nasie se geskiedenis sal wees en groot verandering vir alle Suid-Afrikaners sal meebring.

“Ek dink met al die voortdurend gebed en nog gebed wat voorlê, ons gereed moet wees vir die onmoontlike om ’n werklikheid te word. Dit gaan ons verras, wat dit ook al is, God is daarby betrokke.”

In ’n onderhoud wat JOY! Magazine onlangs met Mogoeng gehad het, het hy aan alle Suid-Afrikaanse gesê: “Elke Suid-Afrikaner wat gaan stem, is dit aan die nasie en Afrika verskuldig om ernstig na te dink oor wat die afgelope paar jaar plaasgevind het en dan daarvolgens te stem. Elkeen moet ook besluit of hulle hulself beskikbaar moet stel as kandidate wat God in enige van die grondwetlike strukture van die land kan verteenwoordig.”


Bron: Aangepas uit Gateway News

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.