13 Februarie 2018
-deur Dorothy Cummings McLean / LifeSiteNews.com

Mans wat hulself as “vroue” identifiseer kan vir die eerste keer in die Olimpiese geskiedenis toegelaat word om teen vroue te kompeteer tydens die Winterspele in Suid-Korea.

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het vir die eerste keer beslis dat transgenderatlete aan die Olimpiese Spele mag deelneem. 

Vroue wat hulleself as mans identifiseer, mag “sonder enige beperkinge” meeding, terwyl mans wat hulleself as vroue identifiseer, hormoonterapie moet ondergaan. Voorheen het die IOK se riglyne vereis dat atlete eers die nodige operasies moet ondergaan vir die geslagsverandering en ook vir ten minste twee jaar hormoonterapie ondergaan, voordat hulle vir deelname aan die spele in aanmerking kan kom. Die enigste oorblywende regulasie is nou dat man-tot-vrou-atlete moet bewys dat hulle testosteroonvlakke vir minstens een volle jaar voor die kompetisie konsekwent onder die afsnypunt was.

Dit bly onduidelik of daar werklik openlik transgenderatlete is wat in die Winterspele van 2018 deelneem.

“Vinniger, hoër, sterker” is nie net die leuse van die Olimpiese Spele nie, maar som ook die verhouding van elite-manlike atlete se prestasies teenoor dié van elite-vroulike atlete op. Byvoorbeeld, Florence Griffith Joyner van die VSA het die 100 meter-wedloop  in 10.49 sekondes gehardloop. Usain Bolt  van Jamaica het dit in 9.58 sekondes gedoen. In sport is dit ‘n groot verskil. 

Geen vrou het nog  Flo-Jo se rekord gebreek sedert sy dit in 1988 opgestel het nie, wat beklemtoon wat ‘n prestasie dit was dat ‘n vrou daardie spoed kon bereik. Die eerste mans wat die 100 meter-wedloop in minder as 10 sekondes aangeteken het, het dit in 1968 gedoen. Talle  mans het die  100 meter vinniger voltooi as Flo-Jo. ʼn Transgender-vrou-tot-man-atleet sal nie Usain Bolt se rekord  sommer breek nie.

Ek verwag egter nie dat Flo-Jo se rekord vir die vroue se 100-wedloop veel langer sal staan ​​nie, veral wanneer mans wat beweer dat hulle “vroue” is, poog om die rekord te breek.

Dit sal gebreek word, miskien met ‘n indrukwekkende oorwinning, maar die oorwinnaar sal nie dogtertjies wêreldwyd inspireer nie. Die oorwinnaar wat as ‘n vrou geïdentifiseer word, was waarskynlik nooit ‘n meisie gewees nie. Die waarskynlikste atleet om die vroue se rekord te breek, sal die atleet wees wat die onregverdige voordeel gehad het dat hy voorheen ʼn tienerseun was.

Lees die volledige berig hier.

(Foto: Internasionale Olimpiese Komitee in Lausanne, Switserland / via die Nasionale Herald)

Bron: www.breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.