-deur Mirjam Schepik

4 Januarie 2019

In die gesellige toeristestad, Elburg, in Nederland is daar die grootste uitstalling van sy soort ter wêreld. In 5 000 m2 sale word Bybelverhale, die geskiedenis, kuns en kultuur met 4 000 m3 sand en meer as 300 sandbeelde met mekaar verbind in hierdie unieke uitstalling.

Egiptiese Farao’s van sand ​ troon 8 m hoog uit. Dit is gemaak deur van die beste sandkunstenaars ter wêreld. ‘

“Besoekers word uit die donker Middeleeue na die wortels van die Christendom geneem,” sê Aad Peters

Reaksies van besoekers: ‘Eintlik moet jy dit twee keer sien, watter diepte en kunstigheid. In die paar uur wat jy hier rondloop, kyk ’n mense steeds dinge mis. Ek het geweldig geniet!” “Jy dink vooraf jy gaan ’n paar pragtige sandbeelde sien, maar dit is soveel meer en bowenal word jy geboei deur die verhaal en om elke hoek is daar ’n totaal ander prentjie.”

Benewens die bestaande uitstalling, was daar ’n groot Kerstoneel tydens Kersfees.

“Die antieke Bybelverhaal van Jesus se geboorte met ’n tradisionele Kerstoneel is gekombineer met verskeie hedendaagse temas soos vlugtelinge, ’n see vol plastiek en hoe ons met die natuur omgaan,” verduidelik Peters.

Foto: © Henk-Jan Oudenampsen

Home


Bron: christelijknieuws.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.