-deur Martin Lioll

11 Augustus 2017

Deesdae word openbare vertoning van die Christelike geloof in Amerika nie meer verwelkom nie. Die media reageer selfs negatief teenoor Christene wat standpunt inneem oor die gebruik van “Merry Christmas” in plaas van “Happy Holidays”.

Dit was egter nie altyd so nie – en ‘n foto van New York wat tydens Paasfees in 1956 geneem is, bewys dit. Dit is ʼn foto van die stad wat waarskynlik nou as die middelpunt van liberalisme in die 21ste eeu beskou kan word.

Onder die foto van New York se finansiële distrik is ‘n kontemporêre koerantberig wat die geboue met die teken van die kruis daarop beskryf. “Groot kruise, gevorm deur verligte vensters, skyn helder bo New York se horison as deel van ‘n Paasfees-vertoning in Manhattan se finansiële distrik,” lui dit volgens Snopes.

“ierdie toneel, gefotografeer vanaf die dak van die munisipale gebou, vertoon 45 m-hoë kruise op die City Services Co-, City Bank Farmers Trust Co- en die Forty Wall Street Corp-geboue.”

Toe die individu hierdie foto geneem het, het hy waarskynlik geen idee gehad dat sekulariste ‘n halwe eeu later so ‘n openbare vertoon van die Christelike geloof suksesvol sou laat verwyder.

Dít is die verlede wat liberale woedend maak – een waar Christene vrylik uitdrukking aan hulle geloof kon gee, sonder vrees vir sensuur of bespotting. In die daaropvolgende ses dekades het liberale alles in hulle vermoë gedoen om te verseker dat die situasie verander.

Hierdie foto moet egter as herinnering dien: hierdie stand van sake hoef nie so te bly nie.


Bron: conservativetribune.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.