Gratis Christelike pamflette vir die Julie-vakansie!

Wees ʼn getuie van God se liefde waarheen jy ook al gaan

Die afgelope 60 jaar bring Christelike Lektuurfonds (CLF) gratis en bekostigbare Christelike leesstof aan mense in hul moedertaal. Die organisasie is veral bekend vir sy reeks pamflette wat Bybelse waarhede op ʼn toeganklike wyse oopsluit vir alle Suid-Afrikaners.

Gedurende die Julie-vakansie is daar verskeie Christene wat uitreik en getuig van God se liefde. Partykeer as deel van ʼn gemeente-uitreik en ander kere meer informeel op reis saam met hulle gesin. CLF se evangelisasie-pamflette was nog altyd ʼn waardevolle hulpmiddel vir enige hoopdraer wat graag die Boodskap van Christus se verlossing op ʼn impakvolle wyse wil deel – met die kultuurkonteks en taalvoorkeure van die leser vooropgestel!

Daarom wil CLF graag die lesers van Juig uitnooi om gedurende Julie-maand enige van die onderstaande 10 pamflette gratis te bestel (Posgeld uitgesluit*). Die inhoud van hierdie publikasies is Bybel-gefundeerd, Jesus-gerig en lewensveranderend! Deel jou geloof met ander en los ʼn pamflet in die hand wat jou getuienis versterk.

  1. The way to God

  2. The Good news of the Gospel

  3. A story of two brothers

  4. Why should I belong to a church?

  5. ABC for spiritual growth

  6. You can walk with God

  7. Growing faith

  8. God’s comfort also for me

  9. The Lord Jesus is coming again

  10. Lord, teach us how to pray

Hoe bestel ek die pamflette?
Dis maklik! Stuur ʼn e-pos na Eleanor Steenberg by info@clf.coza of kontak die CLF kantoor by (021) 873 6964. Laat weet ons watter taal jy verkies (Engels, Xhosa, Zoeloe, Sotho of Tswana) en hoeveel van elke pamflet jy benodig.

* Onderhewig aan beskikbaarheid.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.