-deur Lauren Creekmore

20 Mei 2017

Verdun Hayes het D-Dag oorleef en onlangs sy 101ste verjaardag beleef. Dit is dus geen verrassing dat hy vreesloos is nie.

Hy het dit onlangs bewys deur die oudste persoon ter wêreld te word om te gaan valduik (‘skydive’).

Vier geslagte van sy familie het hulle verlede Sondag in Devon, Engeland, by hom aangesluit.

Hayes het die rekord met 35 dae gewen deur ‘n Kanadees te klop wat die prestasie op 101 en drie dae oud ook behaal het.

“Dit is fantasties,” het Hayes aan The Associated Press gesê.

Hayes hoop om in die toekoms meer rekords te breek deur weer te valduik.

Hy het sy eerste sprong gemaak om sy 100ste verjaardag te vier.

“Hopelik sal ek dit doen as ek 102 of 103 is, dit hang net af hoe alles uitwerk,” het hy gesê.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.