17 Maart 2017

“Suid-Afrika sal ná 22 April nooit weer dieselfde wees nie”, sê Angus Buchan. Hy verwys na die “It’s time”-byeenkoms op ʼn plaas 4 km buite Bloemfontein, waar daar meer as ʼn miljoen Suid-Afrikaners verwag word.

Alle aanduidings is dat dit die grootste biddag in die geskiedenis van Suid-Afrika sal wees.

“Die biddag is vir die ganse Suid-Afrikaanse nasie van alle geslagte, rasse en denominasies wat bekommerd is oor die venyn, haat, geweld, moord en korrupsie in die land,” sê Buchan.

Hy sê dit is tyd dat ons moet ophou vingerwys, verkleineer en beledig, erken dat elkeen van ons op ʼn manier ʼn aandeel het daaraan, en mekaar in Christus omhels.

“Die tyd het NOU aangebreek (It’s time) om op te hou om net daaroor te praat. Ons verklaar oorlog teen liefdeloosheid en disrespek vir menslike lewe. Die streep word nou in die sand getrek op 22 April.”

Almal wat Jesus erken as dié Vredevors wat die toestand in land kan omkeer, word uitgenooi om die biddag by te woon. Hierdie byeenkoms is ʼn openbare ‘oorlogsverklaring’ teenoor die bose magte van satan wat die vrede van Suid-Afrika wil steel en wat rasse en individue teen mekaar aanhits.

Die vlammetjie vir die byeenkoms is aangesteek deur ʼn video wat deur ʼn man op WhatsApp versprei is, met ʼn desperate uitroep dat oom Angus of enige ander geestelike leier in Suid-Afrika moet ingryp en so ʼn samekoms moet reël. Buchan het toe in reaksie daarop ʼn video op sosiale media versprei en binne ure 1,8 miljoen reaksies daarop gehad.

Intussen word voorbereidings getref op die plaas, Wilde Als, buite Bloemfontein, om 1 miljoen mense te akkommodeer.

Dit is ʼn een-daggeleentheid van 10:00 tot 16:00 op Saterdag 22 April. Slegs toiletgeriewe word verskaf. Almal wat dit bywoon moet selfversorgend wees met eie kos en water. Daar sal wel staanplekke op buurplase wees vir tente en woonwaens vir diegene wat reeds die vorige dag wil opdaag. Daar word verwag dat duisende mense in gastehuise en op gasteplase in die Bloemfontein-omgewing sal tuisgaan.

“Saterdag 22 April is ʼn dag waaroor geslagte in die toekoms nog lank oor gaan praat. Wees deel van die toekoms en kom bid saam,” vra Buchan.


Vir meer inligting, besoek angusbuchan.co.za

(Slegs vir medianavrae: Merentia van der Vent by 074 181 7899 of merentia@104fm.co.za)

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
  • disabled

    ek kn nie kom nie, maar sal bid daardie oggend.

  • Laurie Greyvenstein

    Ons het nog plek beskikbaar op die bus uit Gauteng. Kontak my gerus vir meer inligting by 0845074354 of besoek ons webblad by https://www.tempotoere.co.za/copy-of-5-dag-toere-1 en bespreek aanlyn by https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLScfI7LpD81eQRJMVw0R0NF_i9MtDjjlWnKFgMnDJ4maj7H63g/viewform?c=0&w=1

  • Rob Fleming

    I am, starting today, going to start carrying out what I believe to be a revelation from God, and arrange that for those that are unable to go to Bloem can congregate here in Brakpan or Springs to either listen or watch the proceedings in Bloem on the day. I will require all the help possible please to make this possible. I believe that I will receive this through God’s help and those unable to go through to Bloemfontein will be able to join us on this day South Africa unite in the name of God our Father and Jesus Christ. My contact numbers are 0721989111 or 011 813 0016.