-deur Tosca Furndale

Die Pray4SA-beweging is gebore uit ’n diep deernis vir en kommer oor ons land ná die Swart Maandag-protesoptogte op 30 Oktober 2017. Leendert van Ieperen en Dewald Burger is diep ontroer deur die boere se optrede en het besluit om ’n bidbeweging te stig waar mense spesifiek vir Suid-Afrika bid. Die plaasmoorde het die aandag gevestig op hoe gewelddadig Suid-Afrika is. Volgens statistiek is daar van 2016 tot 2017 altesame 19 000 moorde gepleeg. Dit vertel ’n verhaal van ’n nasie wat genesing dringend nodig het, ’n nasie wat gebed dringend nodig het.
Die Pray4SA-beweging vra dat Christene gebedsnetwerke in hul huise, skole en sakeondernemings op die been kry.
2 Kronieke 7:14 is die sleutel en hart agter die beweging: “… en [as] my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” – 2 Kronieke 7:14.
’n Groep studente van die Universiteit van Stellenbosch het besluit om betrokke te raak en kom Maandae van halfses tot sesuur die middag by die J.S. Marais Park op die kampus bymekaar om vir ons land te bid in ooreenstemming met die doelwitte wat God vir Suid-Afrika het.
Ons nooi jou – waar jy ook al is – om by ’n bidgroep in te skakel en saam te bid dat die Here se wil sal geskied en Sy Koninkryk sal kom. As jy in Stellenbosch betrokke wil raak, kontak  gerus vir Leendert by Leendert.vanieperen@shofaronline.org of laaik Pray4SA se Facebook-blad.


 

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)