Aromaterapie word beskou as ’n nie-tradisionele medisinale praktyk wat van plantekstrakte gebruik maak, veral dié met ’n geur, om mediese en psigo-logiese kwale mee te behandel. Hierdie ekstrakte (ook bekend as essensiële olies) kan deur inaseming of direk op die vel toegedien word. Kwale wat behandel word, sluit in vel-kwale, kongestie en infeksies. Essensiële olies soos laventel word ook gebruik om ontspanning in die hand te werk. Baie van die essensiële olies kan gevaarlik wees indien dit verkeerd aangewend word.

Bybelse verwysings
Die Bybel vermeld telkens aroma en wierook. In Eksodus 30:22-33 gee God die Israeliete opdrag om salwingsolie met vloeibare mirre, kalmoes, kaneel en kassie in olyfolie te maak om mense en meubels in die Ta-bernakel vir diens aan God mee te toe te wy. Die volgende gedeelte beskryf die wierook wat in die Tabernakel gebruik moet word, en later in die Tempel. Dit sluit in hars, naeltjies, galbanum en wierook.
Wierook moes ook by die graanoffer gevoeg word (Levitikus 2:1-2) as ’n vuuroffer van “lieflike geur aan die Here”. Die wyse manne het wierook en mirre aan Jesus geskenk (Matteus 2:11), en Maria het Jesus se voete met nardusolie gewas, ’n uiters duur reukolie: “Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie.” (Johannes 12:3).

God het oliebevattende plante geskape
In die Ou Testamentiese tye was die mense in vertwyfeling oor plantgebaseerde medisyne, die Israeliete moes op God as hulle Geneser vertrou (Eksodus 15:26; Jeremia 46:11). Priesters was gemagtig om kwale te identifiseer, maar nie om dit te behandel nie (Levitikus 13:7,19 49). Wierook en mirre is hoofsaaklik vir balseming aangewend.
Vandag is die gebruik van plantgebaseerde ekstrakte vir uitwendige en respiratoriese medikasie nie op sigself ’n New Age-praktyk nie, hoewel dit, soos met enige alternatiewe medisyne, deur sommige terapeute met on-Bybelse oortuigings gekombineer kan word.
Daar is egter niks onskriftuurlik daaraan om plantolies te gebruik vir die behandeling van mediese kwale nie. Dit kan ook voordele inhou vir die bekamping van simptome van veroudering en vir algehele welsyn, veral as dit deur ’n Christen-aromaterapeut aangewend word. Vir meer inligting besoek www.rockroseministries.com


 

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)