Vanjaar is vir die Christelike Lektuurfonds ‘n jaar van groot belang – ʼn Jubeljaar. ‘n Jaar om te koester. Dit is wat hulle hieroor te sê het:

Vanjaar vier ons 60 jaar van genade onder die hand van ons Hemelse Vader. Dit was 60 jaar gelede dat die destydse eerste minister aan ons stigterslede gesê het hulle ‘poging’ om fondse in te samel om die Woord van God te versprei, ‘sal misluk’. 

“Ons wens ons kon hom vertel van die duisende mense wie se lewens aangeraak is deur die Christelike Lektuurfonds; van die kinders wat, te danke aan lojale ondersteuners, hulle eie Bybel in hul eie taal besit; van God se oorvloedige seën, getrouheid en onvoorwaardelike liefde wat ons in staat stel – selfs in vandag se moeilike ekonomiese omstandighede – om mense steeds jaarliks van meer as twee miljoen gratis pamflette te voorsien; van die bekostigbare lewensveranderende materiaal; van die meer as 75 000 Kinderbybels wat ons tot op hede kon versprei.” 

Ter viering van CLF se sestigste bestaansjaar, is ‘n opdragwerk deur Barend Vos, Seisoene van Genade, gepubliseer. Gelowiges pak elke jaar ʼn geloofsreis aan, en dit is dikwels ʼn pad vol duwweltjies. Goddank dus vir stilhouplekke – vir die moontlikheid van besinning, nuwe asem, padkos. In Seisoene van Genade word geloofsreisigers gehelp om hulle belewenis by 60 sulke oorstanings onder woorde te bring. Van Adventstyd tot by Koninkrykstyd – en daarna. So word hierdie boek ʼn handige, troostende gids in elke reisiger se bagasie.

Kliek hier om die boek te bestel.

http://www.clf.co.za/books/latest-publications/product/602-seisoene-van-genade

Om n eksemplaar van hierdie pragpublikasie te bestel, stuur asseblief n e-pos aan order@clf.co.za of skakel 021 873 6964.

CLF-Feb-2017-In-Article

 

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)