Ons lewe in ’n wêreld met té min tyd, oorvol skedules, telefone wat nooit afgesit word nie, verkeersknope wat nie einde kry nie en konstante bekommernisse oor iets en álles! Daagliks lees ons van ’n verdere prysverhoging in ons land en hoe ons die gordel van ons leefstyl al stywer moet trek, om in tye wat ekonomies taai is, te oorleef.

Dit is normaalweg op dae soos dié wanneer moedeloosheid jou beetpak en jy amper nie kan asemhaal nie dat jy nodig het om die Here se stem kristalhelder te hoor. Ons almal het op ’n manier ’n deurbraak nodig. ’n Deurbraak in jou finansies, ’n antwoord op jou gebed vir jou man / vrou, leiding vir jou kind, hulp met jou werksverhoudinge of duidelikheid oor familiekwessies.

Uitdagende tye in mens se lewens is niks nuut nie. RoepTV.com weet dit. RoepTV.com leef dit. En daarom raak RoepTV.com ernstig oor mense se hartskwessies.

RoepTV.com, die eerste Afrikaanse digitale TV-kanaal, is toeganklik vanaf enige slimTV met die slimboks, of van enige slimtoestel in jou hand, skoot, ore – selfs as jy gemaklik op die naat van jou rug lê. Ons gaan waar jy gáán. Ervaar wat jy erváár en is bereid om jou dosis inspirasie te wees wanneer en waar jy gereed is, enige tyd, énige plek.

RoepTV.com se hartklop is om die pas aan te gee en dit maklik vir jou te maak om kwaliteitstiltetyd saam met jou gesin te hê. Jóú R149 per maand bied die span van RoepTV.com die kans om met kerke en selgroepe met ’n wye verskeidenheid Christen-flieks en -reekse te bemagtig om God deur ander oë te sien en Hom te ontmoet. RoepTV.com is jou eenstop lewenslus-herlaaier met Christen-rolprente en -reekse. Wanneer en waar dit jou pas – enige tyd, enige plek.

Klik op RoepTV.com en teken aan, of kyk gerus na die inhoud van RoepTV.com op hierdie skakel: streaming.roeptv.com

 Volg RoepTV.com op die sosiale media-skakels:

Website

Facebook

Instagram

Twitter

RoepTV.com #ChristenFilmsEnReekse. #OpJouTyd. #EnigePlek.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)