– deur Johan Jacobs

Glo my, ’n gesonde brein is jou waardevolste bate. Ja, sterk spiere is belang-rik, maar sonder ’n gesonde brein sal daardie spiere nutteloos wees. Jou sentrale senuweestelsel is belangrik omdat dit alles in jou liggaam beheer. Ek wil jou help om wys te wees en jou brein en gesondheid te beskerm. Daarom fokus hierdie artikel hoofsaaklik op die uitwerking van fluoried op jou sentrale senuweestelsel. 

Neem ingeligte besluite oor fluoried
Baie van ons is deur advertensies in die media geprogrammeer (gebreinspoel) dat fluoried goed is vir gesonde tande. Ek glo die teenoorgestelde is waar. Op my reis van gevorderde veelvoudige sklerose (MS) na herstel het ek besef dat dit onder mense se aandag gebring moet word sodat hulle ingeligte besluite kan neem, al is dit ’n omstrede onderwerp.

Natuurlike tandepaste vs. fluoried
Ek was bevoorreg om dr. Hal Huggins [’n Amerikaanse toksikoloog en tandarts wat die gevare van amalgaamstopsels, wortelkanaalvulsels, tandinplantings en fluoried onder die publiek se aandag gebring het] by die Huggins Diagnostiese Sentrum in Colorado Springs te besoek. Hy het vertel dat meer van sy MS-pasiënte suksesvol genees is toe hy ontdek het dat fluoried in alle vorme die siekte vererger. Dit is belangrik om fluoried tot elke prys te vermy; insluitend om nie gefluorideerde water te drink nie en gefluorideerde tandepasta en tandheelkundige behandelings te vermy. Dr. Huggins sê: “Die inname van hierdie chemikalie vertraag die pasiënt se genesing of kan selfs ’n hernude aanslag van MS tot gevolg hê.”

Dis nou 14 jaar later en ek het volkome van primêre progressiewe MS herstel. Ons gesin probeer sorg dat daar geen fluoried in ons huis is nie. Ons borsel ons tande met ’n natuurlike tandepasta sonder fluoried en gebruik dikwels die tandsoutmengsel soos verduidelik in my boek, GO Natural – Wisdom for Healthy Living. Dit maak baie beter skoon, versterk en genees jou tandvleis en is baie goedkoper. Ek maak dit een keer per jaar teen ’n breukdeel van die prys van gekoopte tandepasta.

Fluoried kan IK verlaag
Volgens ’n onlangs gepubliseerde meta-analise van die Harvard Universiteit in Cambridge, Massachusetts*, wat befonds is deur die National Institutes of Health (NIH), het kinders wat in gebiede met hoogs gefluorideerde water woon, ’n aansienlik laer IK-telling as dié wat in lae fluoriedgebiede woon. “Fluoried blyk in te pas by lood, kwik en ander gifstowwe wat chemiese breinskade aanrig,” sê die senior skrywer, prof. Philippe Grandjean, adjunkhoogleraar van omgewings-gesondheid aan die Harvard School of Public Health.

Fluoried is ’n neurotoksien
Volgens Natural News [’n onafhanklike nuuswebtuiste met artikels oor natuurlike en alternatiewe gesondheidonderwerpe] word fluoried voorgehou as ’n produk wat ons tande beskerm, maar dit is eintlik ’n giftige chemiese middel wat kanker veroorsaak, ons senuweestelsel beskadig en selfs ook swak tande en bene kan veroorsaak. Fluoried kom algemeen in rottegif voor. In nog ’n artikel, Fluoride Is a Neurotoxin: 9 Ways It Harms Your Brain op die webwerf, Be Brain Fit, word gesê dat fluoried ’n gifstof is wat dikwels by tandepasta en water gevoeg word om sogenaamd gesonde tande te bou. Fluoried is egter nie noodsaaklik vir gesonde tande nie en die meeste lande voeg dit nie by hul drinkwater nie. Fluoried is trouens ’n bekende neuro-toksien wat die gesondheid en funksie van jou brein direk en indirek beïnvloed. 

Hoe om fluoried te voorkom
Vir die meeste van ons is die hoofbron van fluoried tandepasta en drinkwater.
1. Maak jou eie kostebesparende tandepasta. Die resep is in my boek, GO Natural – Wisdom for Healthy Living. Daar is ook tandepasta sonder fluoried in winkels beskikbaar.
2. Dit is moeilik om ’n waterfiltreerder te vind wat fluoried doeltreffend verwyder. Distillasie is die enigste manier om jou water behoorlik te suiwer. Jy maak letterlik jou eie suiwer reënwater om te drink. (Daar is vier verskillende waterdistilleerders te koop in Go Natural se aanlynwinkel.)

Hoe om sterk tande en bene te bou
Die natuurlike manier om sterk tande en bene te bou word in my boek beskryf. Een van die kragtigste kosse wat ons voorouers gehelp het om sterk tande te bou, is tradisio-nele beensop (bone broth) wat vir ten minste twee dae stadig gekook word in suiwer water met ’n bietjie asyn. Jy drink letterlik ’n vloeibare been- en tandemengeldrankie.
Dr. Weston Price, ’n tandarts van Cleveland, Ohio, wat in die 1930-40’s navorsing gedoen het oor voeding en degenerasie (veral van tande) en as die Isaac Newton van
voedingskunde beskou is, het bewys dat swak voeding lei tot degenerasie in die liggaam. Die skade van wanvoeding manifesteer gewoonlik eerste in tandbederf, dan volg vetsug, diabetes, osteoporose, ’n swak immuunstelsel en uiteindelik talle siektetoestande wat voortspruit uit gebrekkige moderne verwerkte en verpakte kos. Dit kan vermy word as die moderne voedsel-
bedryf dr. Price se raad volg. Hierdie “voedingsbeserings”, soos dr. Price dit noem, is aanvanklik subtiel, maar kan later dodelik wees wanneer gifstowwe stelselmatig en ongemerk in ons diëte en lewenstyl inglip.

Dit is ’n stadige maar sekere erosie-proses wat jou van jou gesondheid en vitali-teit ontneem – en dikwels kom dokters nooit by die kernoorsake uit nie. Die gebrek aan onmiddellike gevolge laat ons glo dat wat ons eet en drink nie ’n uitwerking op ons gesondheid het nie; ons leef vandag ten koste van môre. Beskerm jouself deur die Go Natural-dieet en lewenstyl te volg.
* Environmental Health Perspectives (20 Julie 2012)

JOHAN JACOBS is stigter en outeur van GO Natural. Besoek gonatural.co.za om sy boek te bestel.


JUIG! Tydskrif (Oktober 2018)

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)