– deur Johan Jacobs

Voordat ’n mens hierdie omstrede vraag objektief kan beantwoord, moet jy eers die endokannabinoïde stelsel verstaan.

Wat is die endokannabinoïede stelsel (EKS)?
Dit behels ’n versameling van miljoene selreseptore en ooreenstemmende molekules wat by die mens en alle soogdiere voorkom. Hierdie reseptore op die oppervlak van selle is soos slotjies met ’n sleutelgat. Die “sleutels” vir hierdie slotte is bio-chemiese molekules, die kannabinoïede. Elke keer as ’n kannabinoïd met ’n selreseptor verbind (die sleutel in die slot pas), stuur dit
’n boodskap wat jou sel ’n spesifieke opdrag gee.

Daar is twee soorte kannabinoïede
1. Endokannabinoïede word natuurlik in die liggaam geproduseer. Meer van hierdie kannabinoïede word vervaardig wanneer jou dieet ook eksokannabinoïede insluit – kosse (plante) wat hierdie fitochemiese stowwe bevat.

2. Eksokannabinoïede kom van eksterne bronne. Dit kom oor die algemeen in alle variante van die kannabisplantfamilie voor – die twee wat die meeste gebruik word, is marijuana (Cannabis indica) en hennep (hemp) (Cannabis sativa). Die onskadelike kannabinoïede in die hennepplant is kannabidiol (CBD).
Dit is die beste om kannabinoïede deur die mond en spysverteringskanaal in te neem. Hennep is verkieslik omdat dit nie die psigoaktiewe bestanddeel THC (tetrahidrokannabinool) bevat
nie. Laasgenoemde het ’n narkotiese uitwer-king, kan verslawend wees en lei tot newe-effekte soos depressie, angs en psigose. Indien die marijuana-plant wel ingeneem word, moet dit altyd rou en vars blare wees (ongedroog, want droê blare bevat ook soms geaktifeerde THC), anders word die THC en sy sterk narkotiese uitwerking geaktiveer. Gebruik marijuana in rou slaaie en gladdejantjies (smoothies), só kan dit geen ongewenste uitwerking hê nie.

Kannabinoïede is belangrik vir goeie gesondheid
Die goeie funksionering van kannabinoïede in jou EKS is net so belangrik soos die kommunikasie tussen jou brein en liggaam om lewenskragtigheid te verseker en optimaal gesond te wees. Jou sentrale senuweestelsel en die EKS werk saam om die werking van selle, weefsel en organe te help reguleer en in stand te hou. Dit is duidelik dat kannabis ’n baie spesiale en kragtige plantfamilie is omdat die liggaam ingeboude reseptore daarvoor het.

Navorsers ontdek die EKS
Wetenskaplikes sou nie geweet het van die EKS as hulle nie navorsing gedoen het oor kannabis se narkotiese newe-effekte nie. Israelse navorsers het onderrleiding van proffesor Raphael Mechoulam die aktiewe bestandeel van die marijuana plant, THC, in 1964 ontdek. Die EKS is eers later in 1992 ontdek toe hulle navorsing oor marijuana gedoen het en hoe dit in die liggaam werk. Dié ontdekking is nooit in die kurrikulum van die moderne medisyne opgeneem nie. Ongelukkig kwalifiseer mediese beroepslui steeds sonder om kennis te neem van hierdie belangrike reguleringstelsel van die liggaam.

Wat is die EKS se rol in die mens se liggaam?
Hierdie wonderlike stelsel is die meester-reguleerder, -koördineerder en geneser (innerlike dokter) van die menslike liggaam. Kom ek verduidelik jou innerlike dokter / EKS aan die hand van ’n voorbeeld. Gestel jy breek ’n been en die gebreekte stukke het weggeskuif van mekaar. Die dokter help slegs die genesingsproses aan deur die beenpunte bymekaar te bring en met gips te stabiliseer. Hy gebruik nie gom of lym om die bene vinnig aanmekaar te heg nie. Dit is jou innerlike dokter wat onmiddellik ná die ongeluk die probleem identifiseer en die genesings-proses aktiveer. Normaalweg word die gips ná ses weke verwyder en binne ’n paar maande kan jy weer die ledemaat gebruik.
Wie het egter besluit dat die liggaam trauma beleef het en dat spesiale been-materiaal na daardie gebied gestuur moet word sodat die been weer kan heg? Wie besluit dan dat die genesingsproses voltooi is en dat been nie verder moet opbou nie – jou vel sal oopbars as die “genesing” nooit ophou nie. Ons Skepper het genesing in ons gene geplaas. Elkeen van ons het ’n uiters bekwame innerlike dokter wat altyd weet wat die beste is. Hy het weliswaar soms ons hulp nodig, soos in die voorbeeld hierbo. 

Belangrike liggaamsprosesse wat deur die EKS gereguleer word (hoewel nie beperk tot hierdie voorbeelde nie)
• Neuro-oordrag
• Hormone en endokriene stelsel
• Balans tussen energie en metabolisme
• Genesing van liggaamstrauma
• Voortplanting en vrugbaarheid
• Ontgiftiging en suiwering
• Sellulêre kommunikasie
• Kardiovaskulêre funksie
• Temperatuurregulering
• Beengroei en -digtheid
• Sosiale gedrag en angs
• Inflammasie en pyn
• Genot en beloning
• Immuunfunksie
• Motorbeheer
• Stresreaksie
• Bloedsuiker
• Vertering
• Geheue
• Gemoedstoestand
• Slaap
Daar is talle YouTube-video’s beskikbaar wat wys hoe die EKS-stelsel werk. Dit is wonderlik om dié kragtige stelsel in ons liggame in aksie te sien.  

Die behoefte aan daaglikse kannabinoïede in voedsel
Elke mens wil graag ’n liggaam hê wat opti-maal funksioneer. Ons wil nie sukkel met ’n liggaam wat nie elke dag sy noodsaaklike take kan verrig nie. As al die bogenoemde funksies van jou EKS in ag geneem word, is dit duidelik dat die hennep- en marijuana-plant as superkos en -kruid geklassifiseer behoort te word. Dit is ’n kragtige, natuurlike medisyne. Kannabinoïede is die antwoord om siekte af te weer en gesondheid aan te wakker. Die plant se blare behoort deel te wees van elke maaltyd elke dag.

Hennep, die wonderplant
Die hennepplant is uiters veelsydig, groei maklik onder moeilike omstandighede en kan in die tuin gekweek word as ’n bron van inkomste. Hennep verdien voorkeur bo dagga en kan vir verskeie doeleindes gebruik word: As natuurlike medisyne vir talle kwale, as voedsel omdat sy sade vol proteïne en goeie olies is, vir tou en papier om ons bome en kosbare woude red. Dit kan ook gebruik word as sterk en duursame materiaal vir klere en vele meer.

“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis” (Hosea 4:6). Dit is ook hier van toepas-sing. Vals propaganda en verkeerde en be-vooroordeelde inligting oor hierdie medisinale plantfamilie het veroorsaak dat ons nie die wonderlike gesondheidsvoordele gebruikwat reeds duisende jare bekend is nie. Die mensdom kan baie trauma en pyn vermy as ons hierdie plante op verantwoordelike wyse gebruik. Go Natural versprei hennep-olie, as ‘n voedingsaanvuller en ontvang gereeld kragtige getuienisse van beterskap.

Besoek gerus ons aanlyn winkel by shopgonatural.co.za.


Bron: JUIG! Tydskrif (Desember 2018)

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)