Met ’n beperkte begroting kan dit uitdagend wees om steeds gesond te eet, veral omdat gesonder kosse – vars vrugte, groente, neute en seekos – altyd duurder blyk te wees as die geprosesseerde kosse.

1 Koop vars produkte binne seisoen
Koop net wat in seisoen is. Koop in grootmaat en vries wat jy nie onmiddellik kan gebruik nie. So kan jy ’n aarbei-‘smoothie’ in die winter bekostig

2 Skep jou eie groentetuin
Jy sal geld spaar en jou eie vars voorraad groente hê. ’n Deur-grootte groentetuin kan ’n hele gesin voed. Daar is talle kreatiewe idees vir groente groei op die internet beskikbaar, byvoorbeeld groente in buitebande. Die maklikste groentes om mee weg te spring is: tamaties, komkommers, wortels, boontjies, en murgpampoentjies

3 Kerf jou eie groente en vrugte
Hoewel dit gerieflik is en tyd bespaar, is groente en vrugte wat vooraf opgesny en verpak is, duurder.

4 Maak ’n inkopielys
Moet nooit op ’n leë maag inkopies doen nie en nooit sonder ’n inkopielysie nie. Daar-sonder word jy ’n slagoffer van alles wat aanloklik lyk

5 Koop in grootmaat
Koop grootmaatitems teen billike pryse by pakhuistipe winkels. Vleis en seekos kan gevries word en jou so geld bespaar

6 Koop goedkoper vleissnitte
Koop byvoorbeeld die hele hoender in plaas daarvan om hoenderporsies te koop. Koop die goedkoper vleissnitte, byvoorbeeld maalvleis of skenkels

7 Wees op die uitkyk vir uitverkopings
Maak gebruik van lojaliteitskaarte wat jou punte of geld terug aanbied. Maak gebruik van afslagkoepons en kyk aanlyn of in die plaaslike koerantjie waar daar goeie afslagpryse aangebied word. Kyk veral uit vir laer pryse op bevrore groente, dit maak dit maklik om goedkoper gesond te eet

8 Beplan maaltye vooruit
Vermy so impulsiewe aankope en verseker gesonde maaltye. Kook twee maaltye saam, sit byvoorbeeld twee hoenders in die oond. Dit bespaar tyd en geld

9 Brei jou koshorisonne uit
Meksikaanse en Indiese geregte maak gebruik van goedkoop bestanddele soos boontjies en rys.

10 Hou jou yskas georganiseerd
As kos agter in die yskas weggesteek lê, kan dit nie vir nog ’n maaltyd verwerk word nie en lei tot vermorsing. Verlepte blaarslaai en pap tamaties is onsmaaklik. Etiketteer jou oorskietkos. Verseël en verpak jou groente eerder as om alles saam in die yskas te gooi

11 Besoek markte aan die einde van die dag
Oorweeg dit om teen die einde van die dag die mark te besoek, wanneer jy moontlik goeie winskopies kan kry


 

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)